Hoofblad | Discussion Forum | Rekords | Downloads | Waar is ons? | Wie is ons? | Webtuiste-skakels | Kontak ons
Die huis van reuse pampoene in die Boland


Welkom by die webwerf van die Bolandse Reuse Pampoengroeiersvereniging (BRPGV)

 

Pniel se pampoene laat monde oophang

deur Freddie Simpson

Die Pampoenfees van die Congregational Church in samewerking met die Pnielse Pampoenplantersvereniging verlede Saterdag in Pniel, was ‘n reusesukses.

Die kompetisie vir die reusepampoen is vanjaar weer gewen deur Mario Williams met sy knewel van 163 kilogram. Eugene Simpson was tweede met ‘n pampoen van 110kg. Die hoogtepunt van die dag was egter toe Johan Jooste en sy pa van Bellevue Manor daar opdaag met twee pampoenknewels wat die skaal met hul onderskeie massas van 304 en 254 kilogram laat les opsę het.

Mense het hulle vergaap aan Freddie Simpson se langste boontjie van 69 sentimeter, en almal wou Auburn Jefthas se massiewe waatlemoen van oor die 20 kilogram koop. Henry Jordaan het ‘n tamatie van 540 gram, en uie van 400 gram ingeweeg. Titus Simpson was in sy noppies met sy tros suikersoet La Rochelle-druiwe van 800 gram, en Franklik van Graan was spoggerig met sy kromnekpampoen van 89 sentimeter.

Eddie Basson het trots sy butternut van 42 sentimeter ten toon gestel, en die prys vir die grootste boerpampoen het gegaan aan mev. Florrie Solomons.

Freddie Simpson was bobaas met die grootste soetrissie, die sterkste rissie en die grootste makataan. Ashley Mentoor se eiervrug was die grootste, en die pampoenskilspook-kompetisie is gewen deur Hilton Simpson en Hilton jr. Carlyn Simpson se vrugte-en-groente-rangskikking het gewen.

 

Meer oor reuse pampoene:

Die Atlantic Giant is 'n variëteit  pampoen wat deur Howard Dill ontwikkel was. Die variëteit produseer gewoonlik pampoene wat meer as 200kg weeg. Wat die soort pampoene werklik buitengewoon maak is die feit dat dit die swaarste en grootste (volume) vrug in die węreld groei. Baie mense groei die Atlantic Giant pampoen variëteit vir kompetisies by pampoenfeeste regoor die węreld. Hierdie tuiniere is geneig om buitegewoon nou betrokke te raak met die versorging van hulle pampoene as gevolg van die groot moeite wat dit neem om hierdie variëteit te groei. Daar bestaan ‘n groot aantal organisasies węreldwyd om die groei van reuse pampoene te bevorder.

Die swaarste Atlantic Giant pampoen wat al ooit gegroei was het 2009 pond (911 kg) geweeg. Hierdie vrug was gegroei deur Ron Wallace in 2012.

 

 

 

 

 

 

 

 

8 Maart 2003